Satelietkantore

Language / Taal: English/Engels

Pretoria

  • Tuin van Eden

    Doel van die Projek

    • Om die gemeenskap te help om verantwoordelikheid vir hul eie lewens te neem, hulle toe te rus met vaardighede in die ontwikkeling en instandhouding van 'n groentetuin
    • Om die kwesbares / armes van die gemeenskap van voedsel en lewensvaardigheids = opleiding te voorsien, asook om die Woord van God te versprei
    • Om voedsel te voorsien, terwyl vaardighede, lewensvaardighede aangeleer en die Woord van God verkondig word

    Teikengroep

    • Mense wat op straat of in skuilings in Arcadia en Moot woon
    • Lede van die gemeenskap van Melgesedek skuiling
    • Gemeenskapslede wat in die groentetuin werk
    • Behoeftige gesinne

    Die dryfkrag agter die projek: Nozipo

    • Sy is 'n baie toegewyde en betroubare persoon wat daarvan hou om uit te reik na behoeftiges
    • Sy is getrou en toegewyd aan die organisasie en doen vrywillige werk vir die Pretoria kantoor vir die afgelope 6 jaar
    • Vrywilligers het gekom en gegaan, maar sy was daardie een vrywilliger wat opgestaan het vir die sukses en behoud van die projek
    • Sy is hardwerkend en moedig lede van die gemeenskap aan om ook op te staan en hard te werk vir hulself.

Garden of Eden project Garden of Eden project
Garden of Eden project Garden of Eden project

Hermanstad

  • Bevordering van Gemeenskapsamehorigheid

    Bykomend tot meervuldige sosiale probleme, het die gemeenskap van Hermanstad die prooi geword van 'n oorheersende negatiwiteit, gewortel in die individuele lede van die gemeenskap, gerig teenoor mekaar en maatskaplike dienslewering as 'n geheel.Met die oog op maatskaplike dienslewering aan en die opheffing van hierdie verdienstelike gemeenskap, was dit van die uiterste belang om te fokus op die verbetering en bou van interpersoonlike verhoudings, gemeenskap samehorigheid en betrokkenheid vanuit die gemeenskap en tesame met diensverskaffers te bevorder. Ten einde hierdie behoefte aan te spreek, is deurlopende aksies sedert 2012 met die oog op die daarstelling van 'n stewige fondament waarop sterk en positiewe verhoudings met individuele lede van die gemeenskap en die gemeenskap in sy geheel... 'n Gebeurtenis in die gemeenskap, vir die gemeenskap tesame met die gemeenskap self!

  • Voorskoolse Groep

    Hierdie groep beoog om eerstens benadeelde voorskoolse kinders voor te berei met skoolgereedheid om sodoende die intergrasie van die kleuters na primêre onderrigfase op gelyke vlak van hul klasmaats, te bewerk.

    Die ouers van die betrokke kleuters word ingelig ten opsigte van die voordele van korrekte dieet en gesonde eetgewoontes, asook die impak daarvan op hul kinders se ontwikkeling en funksionering

  • Laerskoolgroep

    Met hierdie groep word beoog om laerskoolkinders in grade 1-4 behulpsaam te wees met huiswerk, studiemetodes asook om ouer en kind voor te berei om met die opvoedkundige uitdagings van primêre onderrigfase te deel.

Pretoria Noord

Die Pretoria-Noord kantoor fokus hoofsaaklik op statutêre dienste en dienste wat gesinsbehoud bevorder.

Soshanguve Kantoor

Gedurende die 2006/2007 finansiële boekjaar word ‘n waardevolle en noodsaaklike meerdoelige inloopsentrum gevestig in die gemeenskap, vir die gemeenskap met behulp van die gemeenskap.

Course Graduates Die inloopsentrum het den doel om hoop te bring aan ‘n gemeenskap gebukkend staan onder erge armoede en menige maatskaplike probleme. Kinders word deur middel van voorkomingsprogramme en gesinsbehoud bemagtig om te deel met hul dikwels haglike en/of uitdagende huislike omstandighede. Dit bring mee die gevoel van trots en self-waarde en ook die moontlikheid om die droom van ‘n beter lewe in die toekoms nader aan ‘n realiteit te bring. Gesinne vind ook baat by gesinsbehoud en voorkomende dienste deurdat ouerskapsvaardighede ge-optimaliseer en geleer word. Individue word verder bemagtig deur die aanleer van nuwe vaardighede wat hul weer in staat kan stel om ‘n inkomste te kan genereer vir hulself of hul gesinne.

Die inloopsentrum is uiteindelik ‘n projek wat die gemeenskap wil help om op te staan en drome vir n beter toekoms te laat realiser.

Die volgende projekte en aktiwiteite vind, bykomend tot die algemene dienste gelys, vanuit die inloopsentrum plaas:

  • Huiswerkprojek
    Homework Project Hulpverlening aan ongeveer 35-40 kinders in grade 1 tot 7 deur die daarstelling van n stabiele en gestruktrureerde omgewing waarin hul huiswerk kan voltooi of aan opvoedkundige aktiwiteite kan deelneem vir ten minste 1 uur. Die doel is om aan hierdie kinders te leer om ‘n gesonde roetine tevestig waartydens gefokus word op basiese akademiese aktiwiteite soos lees en skryf of enige taak wat hul akademiese prestasie kan bevorder. Hierdie kinders asook die vrywilligers verbonde aan die projek word voorsien van ‘n ligte middagete. Die projek vind plaas Maandae to Donderdae.
    Geen subsidie word ontvang vir die aankope en voorsiening van etes nie en die voorsiening van etes is afhanklik van skenkings/donasies vanaf die publiek of besigheidslui.
    ‘n Groentetuin is aangebring ten einde vars groente te voorsien en vorm ook deel van die kinders se lewensvaardigheidsprogram waar hul mede-verantwoordelikheid aanvaar vir die instandhouding van die groentetuin as bron van voedsel vir hul. Die kinders verbonde aan die huiswerkprojek ontvang ook verdere lewensvaardigheidsopleding met die klem op hul behoeftes. Ons wil graag die personeel van Legalwise bedank vir hul bereidwilligheid om ‘n bydrae te lewer ten opsigte van voedsel vir hierdie projek.
  • Opleidingsprogram vir vrywilligers:
    'n Opleidingsprogram vir die vrywilligers verbonde aan die Soshanguve kantoor word twee keer per jaar aangebied. Alle vrywilligers wat die opleidingskursus voltooi word dan formeel geregistreer as vrywilligers van die SAVF.
  • Biblioteek
    'n Klein biblioteek is begin vir die kinders wat die huiswerk projek bywoon.
  • Loopbaantentoonstelling
    Die Soshanguve kantoor fasiliteer jaarliks 'n inligtingsdag, waartydens kinders/pleegkinders, studente en werklose jongmense, sowel as hul ouers / pleegouers / versorgers bemagtig word met inligting ten opsigte van:
    • Verskillende loopbaan opsies, nodige vereistes en kriteria asook beskikbare hulpbronne.
    • Die belangrikheid van 'n goeie geleerdheid
    • Die belangrikheid van ouers / pleegouers / versorgers om aktief betrokke te wees by hul kinders se opvoeding.
  • MIV / VIGS Bewusmakingsdag
    Om pleegouers te bemagtig met kennis betreffende die voorkoming en behandeling van MIV / VIGS asook inligting ten opsigte van nodige en beskikbare ondersteuning.
  • Phaphamang Handvlyt Projek
    Die projek is stadig groeiende en het tans 7 toegewyde lede in totaal. Die groep was aanvanklik bedoel tor bejaardes, maar het aangepas by die veranderende behoeftes van die gemeenskap en is tans oop vir individue wat in die afgebakende diensgebiede van die Soshanguve Kantoor woonagtig is. Hierdie projek vergader weekliks vir 5 ure. Lede het reeds baie vaardighede aangeleer en kan die volgende produkte
    • Voorsien
    • Kussings
    • Plekmatjies
    • Kussings en duvetoortreksels
    • Musse
    • Serpe
    • Kralewerk

Mamelodi

‘n Nuwe program wat fokus op die voorkoming van tienerswangerskappe, is onlangs deur die Mamelodi kantoor geïmplimenteer. Hierdie program fokus verder daarop om tienerouers toe te rus met die nodige ouerskapsvaardighede ten einde hul in staat te stel om tot die beste van hul vermoëns na hul kinders om te sien na hul kinders se belange om te sien.