Inleiding

Language / Taal: English/Engels

Die Pretoria kantoor is een van die SAVF maatskaplike werk dienskantore wat in die Gauteng Provinsie werksaam is. Hierdie kantore is verpreid in die vyf Noordelike Provinsies , naamlik: Gauteng, Noordelike Provinsie, Noord-Wes Provinsie, Limpopo Provinsie en Kwa-Zulu Natal. Die Pretoria kantoor is een van twee SAVF maatskaplike werk dienskantore wat in Gauteng Provinsie. Op 09 November 2000, is die kantoor formeel as NPO geregistreer, maar het steeds geïntegreerd met die moederorganisasie gebly. As gevolg van die NPO/NGO registrasie word die kantoor slegs gedeeltelik deur die Staat gesubsideer (55%) wat dus ‘n onmiddelike tekort (45%) op die bedryfskostes impliseer.

Doel

Die doel van die SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste is die beskerming van die mees weerloses, deur middel van gratis generiese maatskaplike werk dienslewering aan toegewysde gemeenskappe wat uit die armste van die armes en gesinne /individue/kinders in nood, bestaan. Die kantoor het verder ten doel om die bestaande potensiaal en kragte van benadeelde gesinne/individue te optimaliseer en hul menslike kapasiteit te bevorder, deur geleenthede te skep om hul eie kapasiteit en ondersteuningsnetwerk te bou, om sodoende armoedeverligting teweeg te bring en selfstandigheid binne ‘n toeganklike, besorgde en bemagtigende sosio-ekonomiese omgewing, te bevorder.

Missie

Om welsyn, welsynsverwante - en ander maatskaplike ontwikkelingsdienste ten opsigte van kinder - en jeugsorg, gesinsorg en bejaarde - en gestremdesorg in gemeenskappe te lewer, tot voordeel van almal wat daarby baat kan vind.