Ons Dienste

Language / Taal: English/Engels

Teikengroep Begunstigdes

Die gemeenskappe wat bereik word deur middel van maatskaplike dienslewering word deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toegewys as deel van die onderlinge diensooreenkoms. Hierdie gemeenskappe is arm en sluit beide stedelike en landelike gebiede, wat bestaan uit die armstes van die armes en kwesbare individue / gesinne in nood. Hierdie begunstigdes woon in ontneemde gemeenskappe met 'n gebrekkige dienslewering en infrastruktuur aan dienslewering en infrastruktuur. Begunstigdes is meermale ongekunsteld en onopgelei wat veroorsaak dat hul nie maklike toegang tot die arbeidsmark het nie. Vervolgens dra dit by tot 'n paar van die tipiese sosiale kwessies wat deur die maatskaplike werkers aangespreek word.

beneficiaries

Dienste en Programme

Toepaslike en relevante dienste word aan die mees kwesbare individue, kinders en gesinne in nood gelewer. Daarom is dit 'n prioriteit dat die dienste toeganklik, bekostigbaar en koste-effektief moet wees.

Assessering
Sosiale probleme word op aanmeldingsvlak geidentifiseer en aangespreek en begunstigdes word na die toepaslike dienste en programme verwys
Voorkomende Dienste
Hierdie dienste word gelewer aan kwesbare gesinne om hul te bemagtig met die nodige vaardighede, leiding en ondersteuning ten einde statutêre ingryping verhoed
Gesinsbehoud
Dienste aan gesinne wat daarop fokus om om gesinne te versterk ten einde gesinne so ver as moontlik bymekaar te hou
Gemeenskapsontwikkeling
Om gemeenskapslede in die bree te bemagtig en bewustheid te kweek ten opsigte van relevante sosiale kwessies
Statutêre Dienste
Toetrede wanneer kinders sorgbehoewend is en beskerming noodsaak , in ooreenstemming met toepaslike wetgewing (insluitende toesig en / of hereniging dienste daarna)

Services and Programmes

Die volgende dienste word deur elke satelietkantoor gelewer op grond van die spesifieke behoeftes van die toegewysde gemeenskap