Finansies & Bemarking

Language / Taal: English/Engels

Huidige Finansiële Stand

Met inagneming van bogenoemde inligting, is die Pretoria Maatskaplike Werk Dienskantoor genoodsaak om aktief betrokke te wees by bemarking en fondsinameling ten einde die voortbestaan van ons dienste te verseker. Die volgende aksies/aktiwiteite vind plaas.

Met inagneming van die voortdurende styging in bedryfskoste in Gauteng Provinsie, het die impak van die tekort ‘n vernietigende uitwerking op dienslewering. Die organisasie is dus uiters afhanklik van skenkings, borge, bemakings, goedkeuring van Lotery aansoeke en fondsinsamelingsgeleenthede. Slegs gedeeltelike projekbefondsing word vanaf die provinsiale regering ontvang.

Inkomste-genererende projekte in die gemeenskap is tot voordeel en opheffing van die gemeenskap en nie die organisasie as sodanig nie. As gevolg van die enorme en dringende sosiale behoeftes binne die gemeenskappe, word daar meer as een diensverskaffer benodig. Die bydraes wat deur die privaat sektor sektor gelewer word is dikwels onvoldoende aangesien hul oorval word deur verskeie welsynsorganisasies met dieselfde behoefte aan ondersteuning.

Bemarking / Fondsinsameling

Met inagneming van al die bogenoemde inligting, het die Pretoria Maatskaplike Werk Kantoor besluit om 'n meer aktiewe en besliste standpunt in te neem ten opsigte van fondsinsameling ten einde die finasiele tekort op ons werk uitgawes te verminder.