

In die gemeenskap, vir die gemeenskap, vir die beskerming van die mees weerloses
Maatskaplike Werk Dienste
Ons Dienste
Language / Taal: English/Engels
Teikengroep Begunstigdes
Die gemeenskappe wat bereik word deur middel van maatskaplike dienslewering word deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toegewys as deel van die onderlinge diensooreenkoms. Hierdie gemeenskappe is arm en sluit beide stedelike en landelike gebiede, wat bestaan uit die armstes van die armes en kwesbare individue / gesinne in nood. Hierdie begunstigdes woon in ontneemde gemeenskappe met 'n gebrekkige dienslewering en infrastruktuur aan dienslewering en infrastruktuur. Begunstigdes is meermale ongekunsteld en onopgelei wat veroorsaak dat hul nie maklike toegang tot die arbeidsmark het nie. Vervolgens dra dit by tot 'n paar van die tipiese sosiale kwessies wat deur die maatskaplike werkers aangespreek word.
Dienste en Programme
Toepaslike en relevante dienste word aan die mees kwesbare individue, kinders en gesinne in nood gelewer. Daarom is dit 'n prioriteit dat die dienste toeganklik, bekostigbaar en koste-effektief moet wees.
- Assessering
- Sosiale probleme word op aanmeldingsvlak geidentifiseer en aangespreek en begunstigdes word na die toepaslike dienste en programme verwys
- Voorkomende Dienste
- Hierdie dienste word gelewer aan kwesbare gesinne om hul te bemagtig met die nodige vaardighede, leiding en ondersteuning ten einde statutêre ingryping verhoed
- Gesinsbehoud
- Dienste aan gesinne wat daarop fokus om om gesinne te versterk ten einde gesinne so ver as moontlik bymekaar te hou
- Gemeenskapsontwikkeling
- Om gemeenskapslede in die bree te bemagtig en bewustheid te kweek ten opsigte van relevante sosiale kwessies
- Statutêre Dienste
- Toetrede wanneer kinders sorgbehoewend is en beskerming noodsaak , in ooreenstemming met toepaslike wetgewing (insluitende toesig en / of hereniging dienste daarna)
- Maatskaplike Werk Dienskantore is gelëe in die verskillende toegewysde areas van dienslewering wat die dienste op so ‘n wyse meer toeganklik maak vir gemeenskapslede.
- Toepaslike en relevante dienste word gelewer aan die armstes van die armes in weerlose gemeenskappe. Daarom is dit ‘n prioriteit dat dienslewering toeganklik, bekostigbaar en koste-effektief moet wees.
Die volgende dienste word deur elke satelietkantoor gelewer op grond van die spesifieke behoeftes van die toegewysde gemeenskap
- Beveiliging van kinders in nood asook statutêre toetrede.
Die meerderheid van die SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienkantoor se dienslewering is statutêr van aard en word gratis aan die publiek voorsien.
** Nie alle geregistreerde maatksaplike werk diensleweringsbeamptes het die mandaat om op statutêre vlak toe te tree nie. Dit impliseer dat bv.: weerlose kinders in nood wat beveilig en in alterntiewe sorg geplaas moet word, sonder heenkome gelaat sal word sonder die nodige dienste en toetrede van diensverksaffers wat wel hierdie mandaat het. Plekke van veiligheid/kinderhuise/pleeghuise is dus nie toeganklik vir weerlose kinder sonder die statutêrekomponent van dienslewering nie. ** - Individuele terapeutiese toetrede/berading
- Ouerleiding
- Lewensvaardigheidsopleiding
- Rouberaad
- Huweliks-/verhoudingsterapie
- Armoedeverligting
- Pleegsorg
- Opleidingswerkswinkels vir voornemende pleegouers
- Pleegouer- en vrywilligerswaarderingsgeleentheid
Om waardering aan die vrywilligers vir hul onbaatsugtige dienslewering asook bestaande pleegouers vir hul toegewydheid.
- Kinderbeskermingsprogram
Die Kinderbeskermingsweek (KBW) is ‘n bewusmakingsveldtog wat reeds in 1997 geinisiëer is om alle sektore en gemeenskappe te mobiliseer tot groter begrip ten opsgite van die perspektief van holistiese ontwikkeling van kinders ten opsigte van hul versorging en beskerming. Die KBW het ‘n jaarlikse veldtog geword om gemeenskappe in te lig en te mobiliseer om kinders eerste te plaas. Hierdie veldtog vind plaas onder leiding van die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Die Regering glo dat kinderbeskerming en die daarstel van veilige en beskutte omgewing almal se verantwoordelikheid is. SAVF Pretoria Maatksaplike Werk Dienste ondersteun hierdie nasionale veldtog op ‘n jaarlikse basis.
- Jaarlikse Pleegkind Pretdag
Elke satelietkantoor van die Pretoria Maatskaplike Werk Dienste bied jaariks ‘n pretdag aan vir kinder swat in pleegsorg geplaas is. Pleegsorg vorm die meerderheidskomponent van die kantoor se statutêre dienslewering. Kinders wat in pleegsorg geplaas is word meer geredelik uit die oog verloor as ‘n kind wat in ‘n kinderhuis geplaas is. Die samelewing blyk meer bewus te wees van ‘n kind wat in ‘n kinderhuis geplaas is, as gevolg van die veronderstelling dat die kind in pleegsorg reeds in ‘n familie-opset funksioneer. Die pleeggesin staar ook menige finansiële uitdagings in die gesig, wat kan veroorsaak dat die kind in pleegosrg van algemene bederfies en spesiale geleenthede ontneem kan word. Die doel van hierdie pretdag is dan juis om kinders in pleegsorg te bederf en hierdie kinders die geleentheid te bied om ook ander kinders in soortgelyke omstandighede te kan ontmoet, hulself terdeë kan geniet en ook waardevolle lewensvaardighede aan te leer.
- Jaarlikse pleegouer- en vrywilligerwaarderingsdag
Pleegouers en vrywilligers word jaarliks opreg bedank vir hul waardevolle bydrae en onbaatsugtige betrokkenheid deur die loop van die jaar.
- Gemeenskapsontwikkeling en Uitreiking
SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste lewer gemeenskapsontwikkelingsdienste, bewusmakingsveldtogte en uitreikaksies vanuit elke afsonderlike satelietkantoor op grond van die betrokke gemeenskap se unieke behoeftes, naamlik:
Gemeenskapsontwikkeling en bewusmaking word ook aangebied dienooreenkomstig met nasionaalgevierde dae, byvoorbeeld: Kinderbeskermingsdag, jeugdag, ens.