

In die gemeenskap, vir die gemeenskap, vir die beskerming van die mees weerloses
Maatskaplike Werk Dienste
Geskiedenis van uitsonderlike Maatskaplike Werk Dienslewering en belangrike Mylpale
Language / Taal: English/Engels
Die SAVF is op 19 Oktober op inisiatief van mev Georgiana Solomon (‘n Skotse dame) aan huis van mev Annie Botha, eggenote van Generaal Louis Botha, in Pretoria gestig. Die stap het voortgevloei uit ‘n groepie vroue se besorgdheid oor die na-oorlogse nood onder mense. Verskeie dienste het hierop gevolg. Gedurende 1904 is die SAVF gestig, na aanleiding van ‘n besorgdheid/barmhartigheid wat voortgevloei het om ‘n vernietigde en weerlose gemeenskap in nood uit die nagevolge van oorlog op te hef en te ontwikkel. Die grondvlak en ywerige dienslewering aan ‘n gemeenskap in erge nood het die hart en siel van die maatskaplike werk professie geïllustreer en het die fondasie vir die ontwikkeling van die professie in Suid-Afrika neergelê. Ten spyte daarvan dat geen akademiese opleiding hierdie reuse dienste voorafgegaan het nie, kan die impak van die dienste nietemin gedemp of geminimaliseer word nie. Dit het nie net bygedra tot ‘n ryk en trotse organisatoriese herkoms nie, maar ook die sterk en ferm fondasie neergelê vir die herbou en onwikkeling van die provinsie en uiteindelik ook ons land, Suid-Afrika.
Die organisasie het ontstaan om die land in totaliteit te dien, maar was weens politieke invloede beperk om in Pretoria te vestig vanwaar hierdie uitsondelike dienste ontstaan en gekoördineer is.
Na 121 jaar van bestaan kan die impak van die organisasie en meer spesifiek in Pretoria, beklemtoon word met die aktiewe betrokkenheid en strewe om die volgende prestasies te bereik:
- 1905
- Die SAVF was op die voorgrond van onderwys en het die Nasionale Christen Skole finansieel ondersteun totdat staatskole in 1908 tot stand gebring is. Die SAVF het deurlopend ‘n belangrike rol in onderwysveld gespeel deur die voorsiening van studielenings en beurse asook skoolbenodigdhede aan verdienstelike kandidate.
- Die eerste tehuis vir ongehude moeders, die Armstrong Berning Tehuis, is gestig. Die tehuis is later oopgestel vir getraumatiseerde tienerdogters Vanweë finansiële tekorte is hierdie diens noodgedwonge aan die einde van 2015 beëindig.
- 1906
- Twee vaardigheidskole vir dogters word gestig.
- 1907
- Die derde vaardigheidskool word gestig.
- 1910
- Stigting van die eerste huishoudelike skool in Transvaal (Pretoria)
- 1918
- Stigting van die eerste skool vir vroedvroue en die bestuur daarvan (Die Moedersbond).
- Die benadering van ‘n teenprestasie vanaf die begunstigde word erken.
- 1921
- SAVF beklemtoon die noodsaaklikheid van kinderhowe vir die beskerming van weerlose kinders.
- 1923
- SAVF samel fondse in om die Universiteit-Kollege wat in erge finansiële nood verkeer te ondersteun. Hierdie finansiële bystand het ‘n direkte impak op die voortbestaan van die kollege wat later bekend sal staan as die Universiteit van Pretoria.
- Vestiging van die Kinderleidingsinstituut van die Universiteit van Pretoria.
- 1934
- SAVF neem deel aan samesprekings wat die belangrikeid van die aanvaarding van ‘n meer wetenskaplike benadering to die veld van maatskaplike werk. Dit het verder gelei tot die ontwikkeling van die maatskaplike werk kursus tot ‘n drie-jaar graad en die vestiging van die maatsakplike werk professie in Suid-Afrika.
- 1936
- SAVF spreek ‘n nasionale konferensie van maatskaplike werk toe en beveel suksesvol aan dat die Buro van Maatskaplike Werk (Departement Maatskaplike Ontwikkeling) daargestel word.
- SAVF fasiliteer die praktiese opleiding van maatskaplike werk studente in Pretoria, wat steeds die geval is tot en met hede.
- 1937
- Die eerste gegradueerde maatskaplike werkers van die 3-jaar kursus betree die arbeidsmark en word aangestel deur SAVF en CMR gesamentlik.
- Na 10 jaar word die vennootskap tussen SAVF and CMR verbreek en word maatskaplike werkers afsonderlik aangestel, met die versekering dat koördinering van dienste sal plaasvind.
- 1938
- SAVF Pretoria stel hul eerste gekwalifiseerde maatskaplike werker aan in ‘n administratiewe hoedanigheid om leiding te gee aan verskillende gesinsorgtakke (diensbesture).
- 1940
- Her-opening van die Kinderleidings instituut en aktiewe betrokkenheid by die operasionele funksionering daarvan. ‘n SAVF Pretoria maatskaplike werker is beskikbaar gestel om nodige dienste by die Instituut te lewer. Hierdie fasiliteit is steeds funksioneel en verbonde aan die Universiteit van Petoria en ‘n direkte resultaat van SAVF se vroeëre betrokkenheid.
- 1950
- SAVF konsentreer op groepwerk as metode van maatskaplike werk dienslewering en vestig die grondslag vir die erkenning van die waarde van groepwerk binne die professie in 1954.
- 1954
- Die eerste Pretoria Streek maatskaplike werker word aangestel in haar hoedanigheid as maatskaplike werker om die werkslading van die aanvanklike werker te verlig ten opsigte van die toesighouding en begeleiding van ‘n toenemende aanvraag na maatksaplike werk dienste.
- Maatskaplike werkers raak meer betrokke by statutêre dienslewering.
- SAVF ontwikkel ‘n handleiding vir vrywilligers om die gekwalifiseerde maatskaplike werkers by te staan tydens hul dienslewering.
- 1962
- Ouerleiding word meer prominent in die SAVF in samewerking met die Kinderleidingsinstituut.
- 1970's
- SAVF ouerleiding ontwikkel tot die eerste voorkomende sosio-opvoedkundige diens in Afrika.
- 1980's
- SAVF erken en gee uitdrukking aan die belangrikheid van die uitbreiding van dienste na alle bevolkingsgroepe. Dienste reik uit na Ga-rankuwa deur middel van ‘n vaardigheidsontwikkelingsklub vir vroue van Bophuthatswana om hul te bemagtig om ‘n organisasie soortgelyk aan SAVF, in hul eie gemeenskappe te vestig.
- 1990's
- SAVF brei dienste uit na alle bevolkingsgroepe en klem word gelê op gemeenskapsontwikkeling en uitreikaksies. Volgehoue groei en ontwikkeling in effektiwiteit van dienslewering vind plaas gedurende die volgende dekade.
- 2010's
- Khothatsong Aids Committee affilieer met SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste en 2 pleeghuise word gestig in die gemeenskap van Soshanguve met intense leiding en insette van die Soshanguve maatskaplike werk satelietkantoor wat ook die maatksaplike werk komponent van dienslewering bestuur en behartig.
- Huidig
- SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste het ontwikkel in die grootste dienskantoor van die organisasie en is steeds ‘n prominente maatskaplike werk diensverskaffer in Gauteng.